On Nature and Cities
Footprints of my Senses
I saw my footprints fade in white chalk paths on Table Mountain and found them surfacing freshly in the rainbow flower pallet of Koumashoek. I collected the sweet and subtle smell of Fynbos on the ridges of the Kouga and dispatched it fondly to the highveld plains of Suikerbosrand. I captured the sounds of sunbirds on red and yellow pincushions at Kranshoek and freed them flittingly on the coral trees of Red Ivory. I touched the rough, wet rocks of Swartboskloof and slipped them smoothly, softly, flowingly on tufts of grass on Mount Aux Sources. I tasted harsh and salty crusts on the crags and boulders of the Wild Coast and gently spilt it flavescently into the sweet streams and cascades of Queen Rose. June 2004 |
Windpomp
Bruin-grys lemme wat vroeër flitsend wind gesny het kaats nou net brokkies lig met sagte kreungeluide en wurg rukkerig droeë kuggies uit die geparste aarde op. Vasgekeer in gebarste wande dryf eilande van slyk doelloos in poele donker water rond. In die witgebrande hemel vaar vlieswolkies soos nikssiende katarakte en verwasem gou tot leegheid. Bo die skelet van staal en roes kolk sy dorstige uurwek om en om en om ... November 2007 |
Windhoek
Onthou jy Kaiserstrasse? Die warm reuk van reën op nat strate; Hererovroue se helder rokke wat vrolik met die son flankeer; Die kuierreuk van koffie en die luidrugtige Duitse gelag uit feestelike kroeë. Maar in Independence Avenue strompel lustelose toeriste herderloos en gatvol deur volgepakte malls. Op geannekseerde sypaadjies smous Afrikane met houtdiere, -tromme, -lepels en -maskers - net soos in Accra en Abidjan, Dar es Salaam en Hillbrow – en net soos daar hang die suur reuk van urine in donker stegies. 28 Oktober 2005 |
On Feelings and Emotions
FEAR
Oh cold and dark damp! How my mediocre boundaries have shrunk and shrink still gagging my senses, leaving me breathless, numb, And finally shattering me to splintered glass without reflection …… ANGER Have these dark clouds come to haunt me? Harass me? Or perhaps to harness me: to absorb and fuel my inner fury and feed it with violent storms and lightning ………flashing …… yet never lighting my turmoiled landscape. SORROW How could I ever fathom how deep this well might be? What profound emptiness and despair fills the void within me? Like cold winter winds fill vacant city lots, deserted parks, abandoned playgrounds, leafless trees on empty streets. The rain has left my dry eyes wet yet dry. JOY Abundant life and laughter fill the cups of summer nights until they overflow and spill colourfully into pavements and streets and homes. Lovers playfully giggle and touch and dance and kiss. Children merrily run and wave and sing and laugh out loud. Musicians play and sing and strum and tap their feet. And I smile contently and I love happily … Innocence Don’t cut my lifeline ever! But let me flow, metaphysically suspended, inside this cocoon of unblemished hope where I will forever be umbilically yours ……. |
My Prodigy
(Before the birth of Julian, my 1st grandson) At first sight you stalked us through blue-grey misty celluloid images. A tiny prawn? A little worm, perhaps? Your delicate and tender being wrapped in liquid love. A few weeks later you stared at us through closed eyes; through membrane and placenta and flesh and blood. And through it all I thought I saw you smile … Can you hear us, Little One? Is that why you, ever so slightly, tilted your head and silently yawned? 12 October 2005 My Melissa Bonsai (English)
(on the death of Ina's daughter) Only seven days ago you clumsily-skillfully tick-tock-tick-tock – splash planted your tiny tree in its solitary tray. Only seven days ago you heaped the soft soil ‘round its stem and snugly, smoothly covered it with moss, your own green velvety duvet, and watered it. Only seven days ago with happy, bubbly laugh, you said to us: “Look at it well; It will live for one week only”. Only seven days ago Did you know then That you were the tree? Only seven days ago? July 2008 My Melissa Bonsai (Afrikaans)
(met die dood van Ina se dogter) Net sewe dae gelede het jy met jou onbeholpe behendigheid, ketik-ketak-kaplaks, die boompie in sy bakkie staangemaak. Net sewe dae gelede die grondjies om sy stam gepak en die sagte, groen mos snoesig-saggies, soos ‘n kombersie, daar rondom neergelê en natgemaak. Net sewe dae gelede met jou borrellaggie aangekondig: “Kyk mooi na hom; Hy gaan net vir één week lewe.” Net sewe dae gelede ... Het jy tóé al geweet dat jy die boompie was? Net sewe dae gelede? Julie 2008 |
Lewenslyn
Die lyne van my lewe het êrens, tussen buis en doek, vervloei. En voor my oë, op my pallet, het skarlakenrooi en hemelblou tot modderbruin verskroei. Terwyl ek verward gryp na die kwas het my stil trane die lyne weggewas. Lewenslyn 2 Ek het verwonderd na die doek gestaar waar ek die donkerbruin en vuilgrys in neerslagtige hale neergegooi het. Uit die modderbruin op my pallet, het skarlakenrooi en hemelblou met heldergeel vervrolik en uitbundig oopgeblom! Terwyl ek verward gryp na die kwas het my helder trane die donker beelde skoongewas. Seer Seisoen
Vir Ina deur die pyndae My blommetjie bloei - bloei rooi druppeltjies seer bloed op sneeuwit kelkieblare voor dit, bruin en droog, in winterkoue sterf. Maar in die knus gloed van lente maak sy haar eens wit koppie rosig oop en straal dieselfde seer, seer rooi ’n warmer, dieper gloed van liefde en herinnering. Diep in haar kelkie lag twee blink trane dou uitspattig op die rooi fluweel. Augustus 2008 Vir Jannes
Baba Jannes Potgieter is in Mei 2003 met ‘n gesplete verhemelte en ‘n haaslippie gebore. Ek het sy ma, Corien, geken en hulle ervaringe het my diep geraak. Jy het klein-klein jou merk gekry waaraan ons ander ‘n lewe lank versamel voordat ons, moeg gesukkel, ons juk aanvaar en rustig raak. Mag jy dan saam daarmee die liefde kry wat die meeste van ons ‘n lewe lank ontwyk. Met jou gevlekte lippie lag jy miskien ‘n fraksie skewer, maar net so hartlik in jou ma se oë. Met jou gebreekte mondjie drink jy miskien ‘n slukkie swaarder, maar net so dierbaar aan jou ma se bors. 9 Mei 2003 |
On Love and Loving
Liefdesspel
Oral waar ek jou sien is lig Liggies ingekleur waar vel my lippe lêplek gee Sonsagte kartels van hare onder harde hande soos perdeblom teerstrate streel lig-lig speels om jou en sielsgelukkig in jou. 27 Augustus 2010 |
Metamorfose
Ek sien jou nou deur troebeler oë, maar helderder as tóé. Wat eers eksoties skerp omlyn was het met insig wasiger geword en met my eie werklikheid tot dieper waarheid saamgesmelt. My haelgeskonde donker druiwe het in jou jonger helder gloed geleidelik, sag, verouder en tot volronde rypheid vergestalt. Nou kaats jou jonger lewensvreugde in dieprooi vlamme uitbundig uit die rooiwyn in my kelk terug. 29 Mei 2009 |
My Swaan
Die volgstroom agter haar elegante treë dein in V-formasie weg tot dit – lank nadat sy verby is – stil-stil weer in die see van mensgesigte verdwyn. Omstanders staar verwonderd na hoe my swaan haar grasie hartstogtelik uitleef; haar seer- en liefkry in haar sagte vlerke knus teen haar boesem toegevou. Augustus 2012 |