Ek is gatvol vir mense wat glo dat ek aartskonserwatief, bekrompe en dom móét wees net omdat ek Afrikaans praat. Die wit ou voor my in die tou by die bank ken my van geen kant af nie, maar sal wragtag na my toe draai en met so ʼn betekenisvolle lig van sy wenkbroue sy misnoeë met die diens van die teller uitspreek: “Daar sien jy dit nou net weer, ou Swaer: vandat die kinders van Gam ons werk oorgeneem het, is die land in sy moer in.”
Se gat, Ou. Ek is nie jou swaer nie. En as my suster dit ooit sou oorweeg het om met een soos jy te trou had ek haar persoonlik versuip – en ek sou moes roer want my ma sou dit eerste wou doen. Ek deel nie jou verstokte sienings nie. Ek ken jou nie en ek het geen behoefte om jou te ken nie. Ons praat toevallig dieselfde taal, maar jy gebruik dit om haat te stook, tweespalt te skep, ʼn god te aanbid wat net in jou verbeelding bestaan en mense soos ek oor en oor in die verleentheid te stel.
Op soortgelyke noot kon ene “Jakkals Venter” dit nie weerstaan om Piet Retief by Helen Zille se besoek aan Nkandla, President Zuma se korrupsiepaleis, te betrek nie. Die berig op News24 is opgevolg deur goed 500 kommentare waarin almal, swart en wit, hartstogtelik kommentaar gelewer het oor die spandabelrigheid van die president; sommige sterker uitgesproke as ander. Dit maak die deur toe vir Jakkals oop om na die “feit” te verwys dat dié trekleier net ʼn handjievol boere nodig gehad het om die Zulumag van 5000 byna 200 jaar gelede goed op te donder. Die relevansie? Net Jakkals sal weet. Verskeie Afrikaanssprekendes het hom dadelik in mooi Afrikaans in die bek geruk, maar, soos met die spreekwoordelike eend, rol die water duidelik maar net van sy olierige rug af.
Aan al die aartskonserwatiewe Afrikaners uit die stal van die AWB, die Suidlanders en al die ander onverenigde stalle waarbinne hulle al teen hulleself laer getrek het: Moenie my blog lees nie. Moet my nie Swaer noem nie – of Oom of enigiets wat ʼn verlangse bloedverbintenis met jou mag impliseer nie. My oer-oer-Ouma was ʼn Maleierslavin. Dit is onomwonde so deur die geleerde Dr Pama in sy Groot Afrikaanse Familie-naamboek (Human & Rousseau, 1983) geboekstaaf. Ek wil haar gedagtenis en haar lyding nie besoedel met enige assosiasie met verregse, rasbehepte neo-Nazis nie.
Ek het van haar leer hou en sy het my gehelp om myself te vind.

3 Comments