Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Henry Allan Fagan (1889–1963)
Hierdie pragtige Afrikaanse gedig, sielvol vertolk in haar musiek deur Laurika Rauch, het kom nesskop in my kop na die helse debakel oor die opgradering en toevoegings aan Nkandla, ons agbare President se beskeie huisie in die heuwels. Ek sit nou al dekades en dink en beplan en scheme om ʼn geldjie bymekaar te maak vir ʼn huisie by die see. So ʼn lekker aftreeplekkie wat net myne is. Dis donders duur en gaan my niks minder as R1 miljoen kos vir ʼn kleintjie met 'n sinkdak op ʼn obskure strand en sonder enige dienste.
Ek weet dis baie geld en ek weet ek het dit nie. Ek weet ook dat my familie en vriende my nie gaan help nie. Dis nag. Kort en klaar.
Vir Zuma werk hierdie goed anders: jy het vriende wat na sulke dingetjies omsien. Daar help die Shaiks, Reddies en Guptas en onnosele ANC lede en dom kiesers en kabinetslede wat nie vir hulleself kan opstaan en dink nie. Die meeste van hulle slaap toe-oë binne-in die donderse parlement waar hulle oor hierdie dinge hulle ogies moet oophou. Veel erger vir my kleinserige maag is die mening van sommige ‘kenners’ wat van beter behoort te weet dat ʼn 2 de termyn vir Zuma goed sou wees vir die ekonomiese stabiliteit van ons streek!

Maar terug na sy beskeie huisie in die groen heuwels van Zululand. Die plekkie het dringend opknapwerk nodig gehad en daarvoor moes hy, net soos enigeen van ons wat ʼn eie huisie het, die nodige fondse vind. Onthou: dis sy privaat woning, nie ʼn ampspaleis nie. Soos dit ʼn gerespekteerde leier wat met die maagde dans betaam, het sy Comrades almal betrokke geraak en, sonder dat hy enigiets hiervan agtergekom het, al die nodige herstelwerk befonds en gedoen. Vir die Indoenas in die Parlement het hulle vooraf gewaarsku dat die spulletjie ongelukkig R66 miljoen gaan kos, maar vir so ʼn charismatiese, welgesproke middelvingerswaaier (om die bril in plek te hou, bedoel ek) is dit mos ʼn druppel in die emmer. Min het ons geweet hoe groot die donderse emmer was!
Twee jaar later, en nog steeds nie klaar nie, staan die sake so:
om in die prentjie in te pas.
Argitekte? Seker ʼn fout. Mens het nie argitekte nodig as jy
net verbeterings aanbring of honderd nuwe hutte bou nie.
Landmeters moes kyk hoe hulle die hele spulletjie in die armste deel van Zululand inpas sonder om die bure te ontstel.
Projekbestuurders is ʼn nuwe naam vir bure wat ontsteld was voordat aalmoese hulle stil gemaak het.
Wat ek nêrens kon vind nie, is die kostes van addisionele storte in die kompleks.
Die groottotaal: R248 miljoen. Hoeveel HOP-huise vra jy? Niks minder as
4 960 van hulle teen R50 000 stuk nie.

- R121 miljoen vir konstruksiemaatskappye (en almal wat bakhand agter hulle staan)
- R3 miljoen vir koeëlvaste vensters ... in ʼn gebied waar almal assegaaie en knopkieries dra
- R9.23 miljoen vir omheining (mure, doringdraad en kraalpaaltjies, seker maar). Die blerrie Groot Muur van China het minder gekos!
- R2.3 miljoen vir hysbakke. Waar de hel heen weet nie eens hy nie, maar waarskynlik af in die bunker/kerker wat later volg
- R54 miljoen vir konsultante, argitekte, landmeters, ingenieurs en projekbestuurders. In gewone taal:
om in die prentjie in te pas.
Argitekte? Seker ʼn fout. Mens het nie argitekte nodig as jy
net verbeterings aanbring of honderd nuwe hutte bou nie.
Landmeters moes kyk hoe hulle die hele spulletjie in die armste deel van Zululand inpas sonder om die bure te ontstel.
Projekbestuurders is ʼn nuwe naam vir bure wat ontsteld was voordat aalmoese hulle stil gemaak het.
- Een-en-dertig peperduur nuwe geboue is binne die omheining – wat ek nie ʼn kampong mag noem nie – gebou. Ses van hulle deur een kontrakteur wat R8 miljoen per eenheid daarvoor betaal is. Dis nou soos minstens 45 van my huisies by die see, maar in hierdie geval in die heuwels fantasties. Siniese mense wat nie verstaan nie sou sê dat die regering hiermee minstens 160 HOP-huisies kon gebou het, maar dis onbillik: ons praat hier van die Groot Comrade President Jacob
- ʼn Toegangsbeheerpunt om die bokke en kinders van die omgewing uit te hou
- ʼn Gimnasium om sy vetgevrete bouncers met hulle swart suits en shades fiks te hou
- Gastekamers vir hulle vermaak
- ʼn Ondergrondse bunker – baie soos die goed wat baie witmense gebou en vol boeliebief en koeksisters gepak het toe die eerste verkiesings gedreig het. Ek sukkel net om te verstaan vir wie hy hier wil wegkruip?
- ʼn Helipad vir die lugmag om hom te evakueer as die wegkruipbunker nie werk nie
- ʼn Lugversorgingseenheid van R1.5 miljoen. Hoekom de hel bou hy darem ook in die heel warmste deel van die kontrei? Miskien het hy voorsien hoe warm al hierdie goed die DA en ander wat nie verstaan nie onder die boordjie sou maak.
- R200 000 vir weerligafleiers ... en dit sluit nie eens Mac Maharaj en sy PR gurus in nie!
Wat ek nêrens kon vind nie, is die kostes van addisionele storte in die kompleks.
Die groottotaal: R248 miljoen. Hoeveel HOP-huise vra jy? Niks minder as
4 960 van hulle teen R50 000 stuk nie.
Ook maar goed hy is nie gierig nie, want mens moet onthou dat hy vandag nog met die ou vliegtuig van sy voorganger, Thabo Mbeki, vlieg wat tóé al sowat R600 miljoen gekos het. Hy het natuurlik amper-amper sy eie een gekry vir ʼn skamele R2 biljoen. Net anderkant die draad het die armgat president van Malawi pas besluit om háár voorganger se vliegtuig – ʼn beskeie 14-sitplek Dassault Falcon 900EX – op te veil om die volk te voed. Gelukkig het onse Zuma nie sulke probleme nie.
Moet ook nie vergeet dat tien plaaslike konings, 829 tradisionele leiers, 5 311 stamhoofde en alles wat ʼn titel het en nie wit is nie, die land jaarliks minstens R650 miljoen in vergoeding kos nie. Dit, liewe lojale ANC-ondersteuners, verteenwoordig ʼn verdere 13 000 HOP huise per jaar.
Vergoeding? Nee ek weet ook nie hoekom mense wat boggerol doen betaal moet word nie, maar dis hoe die nuwe demokrasie werk. Of Oom Carel Boshoff IV van Orania ook as ʼn tradisionele leier deurgaan weet ek nie. Miskien moet mens hom vra.
Intussen het sy kabinetslede ook gatvol geraak vir hulle eie armoede en gaan R65 miljoen gebruik word om hulle bouvallige nessies op te gradeer. Hieronder is die opvallendste een die R15 miljoen om die huisie van die Minister van Landelike Ontwikkeling, Gugile Nkwinti op te gradeer. Dooie donder, vir daardie geld koop jy minstens ses splinternuwe luukse huise of 300 HOP-huise! Praat van landelike ontwikkeling!
Nee, kyk, ons baas en sy A-span kom nie goedkoop nie, maar mens moet in ag neem dat hy die grootste land in Afrika regeer.
Mens moet hom miskien net weer daaraan herinner.

1 Comment