In die gewyde proekamers van die Fairview wynlandgoed maal ʼn horde toeriste uit die Ooste nuuskierig en kameraparaat tussen uitstaltafels deur. Met nasale “ni” en “ha” klanke kekkel hulle terwyl die kameras nimmereindigend kliek en geen een van hulle aan die wyn proe nie. Hulle neem selfs foto’s van die leë wynbottels en glase, die verdwaalde padda in die gang, die “Ladies” en “Gents” tekens op die toiletdeure.
Hier en daar sleep bebaarde besoekers uit Limpopo kiste aangekoopte wyn oor die trappe na buite, verby die nonchalante bok in sy uitkyktoring, na die parkeerterrein waar hulle swaargelaaide 4X4’s wag. Met bruingebrande bene op oranje Crocs laai hulle hulle nuutverworwe kultuurgoed tussen wagtende bokse bier en Klippies-en-Coke. Met growwe luidrugtigheid spog een: “Ek het twee bokse van daai pienkes gevat. Hulle is moer lekker. Top class. Nee, man moet weet van wyn.”
By die proetafels stel lojale wynconnoisseurs gemaakverfynd hulle vaardighede ten toon, so asof hulle saliglik onbewus van die omgewing is - baie soos die sexy laehalskelnerin op die stoep wat heelwat verder vooroor buig as wat die taak vereis wanneer sy die borde kos voor kwylende manlike toeriste neersit.
Maar die heilige ritueel! Eers lig hy die glas met die kosbare vog omhoog sodat die lig van die groot kandelaar in die middel van die vertrek daardeur kan val. Hy staar beduidend intens – nie sommer kyk nie! – en met ʼn frons van louter konsentrasie na die weerkaatsing in sy proeseltjie. ʼn Paar woorde word geprewel, asof vir homself maar tog duidelik genoeg dat sy mede-proewers dit kan hoor.
Nou word die lang, elegante, maer neus lewensgevaarlik diep in die glas ingesak, amper asof hy die wyn daarmee wil roer of net ʼn katspoegie daarvan daarmee wil opslurp. Diep teue aroma (neus, noem die kenners dit!) word onopsigtelik behaaglik ingeasem. Die kuns is nou om nie opvallend hard uit te asem nie. Die neus moet vertoef; amper verouder.
Nou weer lig toe met die glas. Weer word die inhoud intens betrag. Miskien ook om te sien of daar nie straks iets van die neus se eie lastigheid daarin beland het nie?
Nou die trapsuutjies poging van die moeder van belewenisse – die proe. Die neergaan op die vogtige hemelsheid, by wyse van spreke. Die glas gaan elegant af mond toe. Die dun verouderde lippe gaan dit huiwerig tegemoet. ʼn Baie ligte aanraking met die glas se koue rand en dan die kop effens agteroor. Die glas volg. Dit kantel super-versigtig tot lip en vog mekaar skrikkerig ontmoet.

Net ʼn klein, klein teugie word dieper die mond ingenooi. Die oë sluit met piëtiese oorgawe. Die kop terug. Die rol van die vog in die mond om die hele ruimte met die spoegseltjie vol te probeer maak. Die adamsappel staan prominent uit maar waag dit nie om selfs ʼn druppel te sluk nie. Die wange beweeg net genoeg om die waarnemer te laat weet dat die tong nou aan die beurt is.
En dan die banaliteit van die klimaks: die oë gaan oop, die kop word skuins weggedraai en die opgeproede en –geruikte nattigheid word soos ʼn opgebruikte stuk roltwak in ʼn windgat silwer houer uitgespoeg. Notas word met stomp potlode op papier gemaak en in die sak gesteek; reg vir die volgende avontuur.

En hier eenkant staan ek en my soort en proe die lekkerte glas na glas op. Sonder uitspoeg en sonder notas raak ek sielloos verlief op die vog van die wynstok. Met slukke kaas en beskuitjies en met die geselskap van geliefdes is dit hemel op aarde.
Ek wonder altyd wat Oosterse toeriste, die manne van Limpopo en die wynconnoisseurs oor my en my soort sou skryf?

0 Comments