Donderdag, 14 Februarie 2013, was ʼn bloedige warm dag in die stofstrate van Victoria-Wes, maar vir my het dit nie saak gemaak nie. Toe ons daardie middag skuins na twee die dorpie inry, het my hart die klop geklop wat ek as jong man geken het wanneer ek iets besonders gaan beleef. Ek het meer as veertig jaar vir hierdie dag gewag – die dag wanneer ek Mannetjies Roux in lewende lywe gaan ontmoet.
Mens moet verstaan hoe helde in my jong dae gewerk het: hulle het nie uit animasieskerms oor Xboxe gepop en honderde mense en aliens in ʼn japtrap vermink en verguis nie. Hulle het ook nie met spinnerakke teen massiewe wolkekrabbers uitgeklim en meisies in nood uit die kake van ewe ongeloofwaardige boewe gered nie. Werklike helde bestaan mos nie meer nie, so ons is aangewese op legende, is ons nie?
Nee, destyds het die meeste van hulle in swart-en-wit as cowboys op flikkerskerms in klein dorpbioskope ewe klein dorpies in Texas van die kroeks verlos. Daar het ons plat op ons gatte voor in die flieksaal gesit en het ons bekke oopgehang van bewondering. Maar daar was baie groter werklike helde wat ons in die platteland meestal net van gehoor en gedroom het.
Hulle was die manne wat die groen en goud oor hulle koppe getrek het en ons soos een mens saam voor die radio histeries laat raak het. Selfs die stem van Spiekeries (Gerhard Viviers) wat die aksie beskryf het, het legendaries geword. Maar ons groot helde was die manne wat die drieë gedruk en die vyand moer toe getackle het: Jan Ellis, Frik du Preez, John Gainsford, Keith Oxlee, Jannie Engelbrecht … maar die grootste van hulle almal was die kleinste: Mannetjies Roux was maar 1.7 m lank en het net 72.6 kg geweeg.

Gedurende die sestigerjare het Mannetjies net 6 drieë in die no. 12 Springboktrui gedruk, maar elkeen van hulle was formidabele pogings. In sy 27 toetse vir Suid Afrika het hy ook 6 keer as flank uitgedraf. Daarbenewens was hy die man wat Richard Sharpe van die Britse Leeus se kakebeen in 1962 met ʼn plettervat gebreek het.
Sy beeld het saam met my oud geword. Elke dan en wan het ek sy gesig weer in koerante gesien, en elke keer het hy ouer gelyk. Ook maar mens. Van my ander helde het ek mettertyd persoonlik ontmoet of selfs ʼn pad mee geloop. Jan Ellis se hand kon ek in Windhoek in die vroeë sewentigs ʼn slag druk. Vir oudspringbokkaptein Hannes Marais het ek op my eie skouers van die veld af gedra toe my universiteit (destyds nog UPE) Rhodes Universiteit in 1972 met 44-0 kafgedraf het. Hannes was ons kaptein en Mannetjies se mede-springbok, Eben Olivier, was ook in die span.

Maar terug na Mannetjies Roux. Hy en sy vrou, Charlotte, met wie hy al 50 jaar getroud is, het hulle al jare gelede in Victoria-Wes gaan vestig waar hy ʼn oudhedewinkel, die Victoria Trading Post, en sy eie Mannetjies Roux Museum bestuur het.
Vandag sou ek hom daar gaan opsoek en self aan die balle en die stewels vat wat my soveel jare gelede soveel vreugde besorg het. Ons het vinnig gaan afpak en dadelik na die museum gery. In die skemerlig van die Trading Post het ʼn vrou van die omgewing diens gedoen. Daar was geen besoekers of kliënte nie. Ek het opgewonde deur die winkel na die rugbykamer gestap en die deur oopgestoot. Dit was leeg. Net ʼn paar laaste flenters van koerante en die ou plakkaat van Mannetjies Roux en Frik du Preez het nog op sy mankolieke staander in die leë vertrek spasie opgeneem. Hulle gesigte is uitgesny sodat besoekers hulle koppe daardeur kon steek om hulle foto’s so te laat neem.

“My Oom se motor is ʼn ou masjien ...”
Agter my het die vrou van die winkel gesê: “Hulle het vanoggend opgepak, Meneer. Hulle trek mos Kaap toe. Plattekloof toe.” Na veertig jaar van afwagting en uitsien kry ek dít? Ek het verpletterd uitgestap na die helder son en weer na die vervalle winkel en die bussie voor in die straat gekyk wat as baken en naambord vir Mannetjies Roux gedien het.
Later die middag het ek weer verby die winkel gery en vir Mannetjies in lewende lywe met ʼn fotograaf by die ou bussie sien staan. Ek is terug soontoe en het hom weer eens net-net gemis. “Hy is reeds terug huis toe”, het sy liewe vrou gesê en my ingenooi. Rapport se fotograaf en verslaggewer was nog daar om die laaste foto’s van haar en van enkele versamelings uit sy rugbydae te neem wat hulle spesiaal vir Rapport weer uitgepak het. Ek het onbeskaamd Rapport se uitstallings “geleen” en ook foto’s geneem.
Toe ek uitstap was die fotograaf met Charlotte besig. Sy het in die half-donker winkel gestaan en by die venster na die lig buite gekyk. Die trane op haar wange het in die flou lig geblink. “Ai, dis swaar”, het sy geprewel.
2 Comments